Archief van
Dag: 6 januari 2020

Om jou te mag sien

Om jou te mag sien

Gedig van Carma Shaw Jy skuil tussen rotse waar die skadu’s jou verberg, asof skugter oor die wonder van jou kleur Maar net toe wit skuim teen oeroud mosselbanke beur en soutreën (vir ’n oomblik) teen die uitspansel bly hang… het skemerson (tersluiks en speels) jou mooiste tinte in haar laaste strale vasgevang   Gedig: © Carma Shaw Kaapstad; 2 Januarie 2019 om 5:02 Foto: © Kevin Shaw